2025 Redenaars Semi-Finale
Baie sterkte aan die volgende drie leerders wat Saterdag, 24 April, by Hoërskool Linden, in Johannesburg, aan die semi-finale rondte van die ATKV- redenaars, gaan deelneem. Dis voorwaar n uitstekende prestasie om uit die wye Gauteng-Wes streek, deur te kon dring!
Jonathan Groenewald ( Gr. 5 ) ; Mieke Janse v. Rensburg ( Gr. 7 ) en Jurgens Swartz ( Gr.7 )
2025 Redenaars-Uitdunne
Ons redenaars het weer hulle stemme " dikgemaak" by ons skool se redenaars-uitdunne, wat onlangs plaasgevind het. Ons sprekers was deurgaans uitstekend voorberei en die beoordelaars het met lof, van ons redenaars se kwaliteit, gepraat. Al drie beoordelaars beoordeel jaarliks op ATKV- vlak. Baie geluk aan elke leerder, wat 'n plek, tydens hierdie byeenkoms behaal het. Ons skool is voorwaar baie trots op elkeen!
WENNERS- Junior Primêre afdeling:
AFRIKAANS HUISTAAL
1.Milan Botha 2. Handrich Grobler 3. Tiané van Graan
AFRIKAANS ADDISIONEEL
1. Leah- Mari du Toit
2. Taliah Schreiner
SENIOR PRIMÊR ( Gr.4 en 5 )
1. Mianique Grobler
2. D.J. Strydom
3. Jonathan Groenewald
SENIOR PRIMÊR ( Gr. 6 en 7)
1. Mieke J.v . Rensburg.
2. Hugo Stokbroekx
3. Niël Venter
Buhle Msibi was ons enigste Afrikaanse Addisionele spreker in die Senior Primêre afdeling. Sy het soveel moed aan die dag gelê en ons is regtig ook baie trots op Buhle!
Baie sterkte aan al die sprekers wat aan die einde van April, by die Eerste ATKV- rondte, te Hoërskool Linden, in Johannesburg gaan deelneem!