VERKEERSVLOEI

Ons wil ‘n ernstige versoek tot die ouers rig om ons te ondersteun met die verkeersvloei in Tafelbergsingel.  Dit is van uiterste belang vir ons leerlinge se veiligheid.

Ons kan nie die padreëls verander nie, maar wil ‘n beroep op almal doen om asseblief by die ingang vanaf die AGS kerk in te gaan en weer by JCS se kant uit te gaan.  Sodoende kan verkeersopeenhoping voorkom word en frustrasievlakke verminder.  Ons maak staat op u samewerking in hierdie verband.

  • Die hekkie by die Graad 00 en 0 is slegs vir hulle gebruik. Die ander grade en ouers mag nie die hekkie gebruik nie.
  • Die Graad 1, 2 en 3 ouers moet op die veldjie oorkant die gimnasium [Baviaanskoof] stop en die leerders moet van die hekkie gebruik maak.
  • Die Graad 4 en 5 leerders moet die hekkie op die rugbyveld gebruik en die ouers kan op daardie oop veld stop.
  • Die Graad 6 en 7 ouers moet die hekkie by mnr. Venter se klas gebruik met uitkomtyd en moet asseblief nie die hoofhekkie by Ontvangs gebruik nie. Die hekke sal daagliks om 12:00 oopgesluit wees, maar die klein hekkie, wat die naaste aan die Administrasieblok is nie. Die klein hekkie word onmiddellik om 07:30 gesluit, wanneer die oggendklok lui en word elke dag om 12:00 oopgesluit. As 'n kind te laat is vir skool, moet hy / sy die 'Admin' klein hek gebruik. Sodoende kan gereelde laatkommers gemonitor word.

Contact Information

Kontakinligting 

Tel:  (016) 971 2012
admin@vaalparkprim.co.za

© 2023 - Vaalpark Primary

Hosted by

Griffin Internet Services