2024 ATKV-Redenaarskompetisie : Redenaars wat deurdring na Semi-finale
Baie geluk aan die volgende redenaars wat na die semi-finale ronde van die ATKV deurgedring het. Die redenaars het in 'n baie groot streek, met baie sterk kompetisie, deelgeneem en dis voorwaar 'n besondere prestasie om te kon deurdring na die semi-finale , later in Mei, te Bethlehem.
Baie sterkte aan: Anshe de Jager, Jurgens Swartz, Mieke J.v.Rensburg, LJ v.d.Walt en Dehandré Grobler
2024 ATKV-Redenaarskompetisie : Eerste uitdunronde
Die volgende sprekers het onlangs aan die eerste uitdunronde van die ATKV-redenaarskompetisie, by Trio, in Kroonstad deelgeneem.
Ons is baie trots op elkeen van hulle en sien met verwagting uit na die uitslae van die uitdunne.
Juniors - Graad 2/3
Mackenzie Roux,Mianique Grobler en Milan Botha
Seniors - Graad 5
Dehandré Grobler, LJ v.d. Walt, Aldi J.v.Vuuren
Seniors - Graad 6/7
Lize v d.Heever, Mieke J.v.Rensburg, Jurgens Swartz
2024 Redenaarsaand
Ons skool het onlangs n baie suksesvolle redenaarsaand gehou, waar verskeie sprekers van Gr.2 tot 7, aan deelgeneem het. Die drie ATKV-beoordelaars moes kopkrap om die wenners aan te wys. Hulle was geweldig beïndruk met die sprekers se hoë standaard en ons sien met verwagting uit na die volgende ronde van die ATKV-uitdunne, wat in April, in Kroonstad plaasvind.