Redenaars en Debat


Ons redenaars word die geleentheid gegun om alreeds op laerskoolvlak hulle stemme dik te maak as sprekers en hulself sodoende te bekwaam om met selfvertroue voor mense te kan optree. Ons skoolredenaars-wenners kry ook die geleentheid om op Streeks -en Nasionale vlak te kompeteer. Hulle is die leiers van môre, wat eendag van die verhoë van die wêreld, hulle stemme gaan laat hoor!

Kontakpersoon: Marie-Louise Hauptfleisch (083 225 6085)

2024 Redenaarsaand  

Ons skool het onlangs n baie suksesvolle redenaarsaand gehou, waar verskeie sprekers van Gr.2 tot 7, aan deelgeneem het. Die drie ATKV-beoordelaars moes kopkrap om die wenners aan te wys. Hulle was geweldig beïndruk met die sprekers se hoë standaard en ons sien met verwagting uit na die volgende ronde van die ATKV-uitdunne, wat in April, in Kroonstad plaasvind.
 

Joomla Gallery makes it better. Balbooa.com

2023 ATKV Semi-Finale Rondte

Vaalpark Primêr is met reg trots op die volgende drie redenaars, wat na die semi- finale rondte van die ATKV deurgedring het.
Amber Koen, Lize van den Heever en Anshe de Jager, het hulle stemme behoorlik dikgemaak, by die onlangse streeksuitdunne van die ATKV-redenaars wat by Laerskool Concordia, te Boksburg plaasgevind het. Hulle het in n baie groot streek deelgeneem en dis regtig n baie besonderse prestasie, om te kon deurdring, na die semi-finale rondte. Ons wens julle sterkte toe vir die semi's!
 
  
  

ATKV-Streeksuitdunne

 
Vaalpark se topredenaars, het die afgelope naweek, by Laerskool Concordia, by die ATKV-streeksuitdunne, in Boksburg, gaan deelneem.
Hulle het in n baie groot streek , teen baie sterk kompetisie, deelgeneem en hulself, uitstekend van hul taak gekwyt.
 

 

Contact Information

Kontakinligting 

Tel:  (016) 971 2012
admin@vaalparkprim.co.za

© 2023 - Vaalpark Primary

Hosted by

Griffin Internet Services