POPI BELEID

POPI ACT / POPI BELEID

Toestemmingsvorm ingevolge die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (POPI)

Toestemming om persoonlike inligting te gebruik[1]

  • Deur toe te stem tot die bepalings van hierdie inligtingsvorm, magtig u, VAALPARK PRIMêRE SKOOL, hiermee om u persoonlike inligting sowel as dié van die leerder ________________________________________te verwerk, (met inbegrip van die name, straatadres, telefoonnommers en enige ander inligting wat u aan die skool verstrek).
  • Verwerking sluit in die ontvangs, optekening, organisering, insortering, stoor, bywerking of aanpassing, herwinning, wysiging, raadpleging en gebruik; die verspreiding by wyse van oorsending, uitreiking of beskikbaarstelling in enige ander vorm, of die samesmelting, koppeling sowel as inperking, degradasie, uitwissing of vernietiging van inligting.
  • Hierdie toestemming is onmiddellik van krag en sal van krag bly totdat een van die voorwaardes ingevolge paragraaf 8 van die Beleid oor die Beskerming van Persoonlike Inligting nagekom is.
  • Die persoonlike inligting mag slegs verwerk word indien dit voldoende, tersaaklik en binne perke is in die lig van die doel waarvoor dit verwerk word, en indien verwerking ooreenkomstig die betrokke bepalings van POPI geskied. Die doel van die verwerking van inligting moet met ’n werksaamheid of aktiwiteit van die skool verband hou.
  • Daarbenewens neem u hiermee kennis dat VAALPARK PRIMêR persoonlike inligting met betrekking tot die behoorlike funksionering, bestuur en beheer van die skool insamel en verwerk, soos wat die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 en ander tersaaklike onderwyswetgewing en -beleide voorskryf.
  • Die tipe inligting sal afhang van die doel waarvoor dit ingesamel word, en sal ook slegs vir daardie doel verwerk word.
  • Ingevolge artikel 11 van POPI kan persoonlike inligting slegs in die volgende omstandighede verwerk word:
    • Indien die datasubjek, of ’n bevoegde persoon ingeval die datasubjek ’n kind is, tot verwerking toestem.
    • Indien verwerking noodsaaklik is vir die uitvoering van handelinge met die oog op die sluiting of nakoming van ’n kontrak waarin die datasubjek ’n party is.
    • Indien verwerking voldoen aan ’n plig wat die skool volgens wet opgelê word.
    • Indien verwerking ’n regmatige belang van die data subjek beskerm.
    • Indien verwerking noodsaaklik is vir die uitoefening van ’n openbare regsplig.
    • Indien verwerking noodsaaklik is om in die skool se regmatige belang op te tree.

U regte ingevolge hierdie toestemming

U het die volgende regte:

  • Die reg om te weet watter inligting gehou word, hoe dit gebruik word, en wanneer die skool dit sal bekend maak. Ál voormelde inligting word vervat in ons Beleid oor die Beskerming van Persoonlike Inligting en ons Privaatheidsbeleid, wat beskikbaar is en bekom kan word by ons kantore of op ons webtuiste.
  • Die reg om u besonderhede reg te stel. Die skool sal u inligting bygewerk probeer hou. Indien enige van u besonderhede egter verander, stel ons asseblief in kennis sodat ons rekords so akkuraat moontlik kan wees.
  • Die reg om u toestemming terug te trek. U mag die toestemming wat u ons ingevolge hierdie vorm gee in enige stadium terugtrek. U terugtrekking moet op skrif geskied en aan die inligtingsbeampte van die skool gerig word. Teruggetrekte toestemming is nie terugwerkend van krag nie en sal dus nie enige vorige of bestaande gebruik van u inligting raak nie.

Toestemming om bemarkingsinligting te ontvang

Deur tot die bepalings van hierdie toestemmingsvorm in te stem, gee u uitdruklik toestemming dat u inligting vir bemarkingsdoeleindes verwerk word, en verstaan u dat deur toestemming te gee, u bemarkingsmateriaal in die vorm van SMS’e, e-posse en dies meer van die skool kan ontvang.

 

[1] Hierdie vorm moet in samehang met die Beleid oor die Beskerming van Persoonlike Inligting gelees word.

Contact Information

Kontakinligting 

Tel:  (016) 971 2012
admin@vaalparkprim.co.za

© 2023 - Vaalpark Primary

Hosted by

Griffin Internet Services