|
- Ons skool onderskryf die Christelike-Nasionale beginsels en alle handelinge en besluite sal hiervolgens geskied.
- Wees te alle tye eerbiedig en stel 'n goeie voorbeeld.
- Wees gehoorsaam aan jou onderwysers, leerlingraad en ander gesagsdraers.
- Persoonlike eiendom en die van ander moet verantwoordelik hanteer word en teen beskadiging beskerm word.
- Die landsvlag, Volkslied en skoollied moet met die nodige respek bejeën word.
- Leerders se persoonlike higiëne is belangrik.
- Klere en tekkies moet skoon en heel wees.
- Naels(moet)kort geknip en skoon wees.
- Die dra van naellak word nie toegelaat nie.
- Geen grimering mag gedra word nie.
- Geen "high lights" word toegelaat nie.
- Hare mag nie gekleur word nie.
- Seuns se hare moet netjies en kort gehou word.
- Dogters se hare wat oor die kraag hang, moet vasgemaak word.
- Jel mag wel in die hare gedra word.
- Geen verlengstukke of "dread locks" mag gedra word nie.
- Die skoolhoof, met die hulp van die bestuurspan, behou die reg om te besluit of die haarstyl van die seuns, sowel as die dogters aanvaarbaar is binne die neergelegde riglyne.
- Kuiwe mag nie in die oë hang nie.
- Geen juweliersware, behalwe horlosies is toelaatbaar nie. Dogters met gaatjies in die ore mag slegs 'n eenvoudige ringetjie, goue balletjie of emerald groen, of navy steentjie dra.
- Onwelvoeglike taal en gedrag word nie toegelaat nie.
- Die skoolterrein en geboue moet netjies en sindelik gehou word.
- Papiere moet in die asblikke gegooi word.
- Daar mag nie by die plante, blomme en in beddings gespeel word nie.
- Speel op die tennisbane, krieketblad en hokkiedoelkaste is nie toelaatbaar nie.
- Balspele tussen die geboue is nie toelaatbaar nie.
- Graad 1 en 2 speel op die hokkieveld.
- Graad 3 tot 7 speel op die rugbyvelde.
- Geen leerder mag op die parkeerblad of tussen die motors speel nie.
- Geen leerders mag in die fietsloods speel nie.
- Fietse moet in die fietsloods toegesluit word.
- Leerders mag nie in die saal sonder toestemming wees nie.
- Leerders vra toestemming, by die sekretaresse , om die hoof of adjunkhoof te sien.
- Geen leerders mag op die stoepe of trappe gedurende pouse wees nie.
- Klaswisseling moet vinnig, ordelik en sonder 'n pratery geskied.
- Die skoolterrein mag nie tydens skoolure sonder toestemming verlaat word nie.
- Geen leerders mag gedurende naweke of vakansies op die skoolterrein wees sonder die toesig van 'n personeellid nie.
- Fietse moet binne die skoolterrein gestoot word.
- 'n Emerald groen gholfhemp met 'n denim kortbroek/romp in die somer.
- 'n Skoolsweetpak met 'n emerald groen gholfhemp in die winter.
- 'n Donkerblou denim (langbroek) mag in die winter, in die plek van die sweetpakbroek gedra word.
- 'n Donkerblou Drimac mag in die plek van die sweetpak top gedra word.
- Tekkies moet oorwegend navy en wit wees.
- 'n Vaalpark Beanie mag in die tweede en derde kwartaal gedra word.
|